Hier is ons Gallie SOS span
Ontmoet ons interne terapeute

Ontmoet ons eksterne terapeute
Opvoedkundige Sielkundige en Irlen Diagnostikus
Leanne Greeff
​
Sy bied onder andere die volgende dienste aan:
-
Skoolgereedheid assesserings
-
Skolastiese assesserings (met die oog op bepaling van intervensie nodig om kinders optimaal te laat funksioneer, asook aansoek vir konsessies en langer tyd in die eksamen.)
-
Terapie sessies rakende emosionele uitdagings soos angs, neerslagtigheid, lae selfbeeld en aanpassing by veranderings soos skooltoetrede en egskeidings)
-
Irlen lens toetsings – waar kinders gehelp word om beter te kan lees, leer ens. met die hulp van gekleurde lense.
Sy is ook beskikbaar om met kinders by die skool te werk in skoolure.
Terapeutiese Kuns Berading
Christel Bann
Ek is Christel Bann en spesialiseer in Trauma en Naratiewe Berading duer kuns berading toe te pas. Uit ondervinding kan ek opregte simpatie en ondersteuning bied om jou te help om hierdie situasies beter te verstaan, verwerk en hanteer.
​
Ek kan ondersteuning bied met -
-
Trauma
-
"Abusive relationships" Huiding of verlede
-
Depressie , angs , stres, verwerping
-
Emosionele berading vir persone wat deur 'n egskeiding gaan.
-
Kinders wat boelie , of geboelie word , ADHD , angs en kinders wat sukkel met woede.
​
30 Minute sessies kan geboek word teen R150 op die Lamodea Art Therapy Facebook page. U is ook welkom om 'n boodskap of epos te stuur.
​
Ek sien uit om 'n pad saam u te stap !
​
Arbeids terapeut
Retha du Plessis
Ek is 'n Arbeidsterapeut met 'n passie om met kinders te werk. Ek het in 2016 graad gekry by die Universiteit van Pretoria ,
(B. Arbeidsterapie) en is besig met my Ayres Sensoriese Integrasie opleiding.
Ek glo dat elke kind teen hulle eie pas ontwikkel en dat sommige kinders soms 'n klein bietjie hulp nodig het om hulle potensiaal te bereik.
Ek hoop om 'n verskil te maak in elke kind wie oor my pad kom!
Arbeids terapeut
Engela Nell
My naam Engela, ek is ‘n Arbeidsterapeut. Ek verwerf my Arbeidsterapie graad in 2005 aan die Universiteit van Pretoria. Ek streef daarna om deurentyd my werksverwante vaardighede rondom die ontwikkeling en gedrag van jonger kinders op te skerp. My werk is my passie en ek dra my jong kliente se belange te alle tye op die hart! Dit is vir my as terapeut belangrik om saam met ander rolspelers te werk om sodoende omvattende ondersteuning te bied waar nodig.
Ek is getroud en het ‘n seuntjie. Ek hou van lees, ontspan in die natuur en goeie geselskap