top of page

Uit die hoof se pen 

In hierdie TYD van onsekerheid, eintlik ongekende tye wat in die wêreld, ons land, asook hier in Gallieland heers, is dit met TROTS wat ek kan aankondig dat Laerskool Magalieskruin ‘n Gallie SOS-diens aanbied vir ouers, onderwysers en ons leerders.  Hierdie GALLIE-SOS is ‘n aanlyndiens wat ontstaan het in die Covid-19 regulasietydperk.

Ons besef terdeë hoe belangrik emosionele ondersteuning is, asook die akademiese ondersteuning wat voortdurend moet plaasvind by leerlinge.

Ons GALLIE SOS-span bestaan uit professionele spanlede soos:

·         Maatskaplike Werkers

·         Opvoedkundige Sielkundiges

·         Arbeidsterapeute

·         Spraakterapeute

·         Beraders

·         Spelterapeute 

·         Remediërende onderwysers

Hier by Laerskool Magalieskruin leef ons die waardes van OMGEE uit en ons bly altyd HOOPVOL!  Ons oë bly gevestig op ons Hemelse Vader, Hy gee ons krag en sal ons deur alle beproewinge dra!

Ons GALLIE SOS-span staan gereed om u by te staan met raad, advies en volgehoue ondersteuning.

Kontak die span gerus indien u enige behoeftes het wat deur die span ondersteun kan word: sos.gallies@yahoo.com

Vriendelike groete

Dr. Carolien van Heerden 

1.jpg
Tuis : Welcome

Every child needs a champion , an adult who will never give up on them 

Rita F. Pierson 

Stuur gerus 'n e-pos

Dankie vir u boodskap !

012 548 1240

©2020 by Laerskool Magalieskruin. Proudly created with Wix.com

bottom of page